Kom ons begin eers by die toerusting vir die sink van die boorgat. Daar bestaan verskillende tipes boormasjiene. Die mees bekendes is die stamperboor en die lugdrukboor.
Tot sowat twintig jaar gelede was die stamperboor nog in algemene gebruik. Alhoewel dit ‘n baie doeltreffende tipe boormasjien is, is die groot nadeel daarvan dat dit ‘n baie tydsame proses is om met ‘n stamperboor te boor. In vandag se vinnige lewe kan dit dus nie meer ekonomies met die nuwer lugdrukbore meeding nie. Afhangende van die omgewing waar geboor word, kan dit van ‘n paar dae tot ‘n paar weke duur om ‘n boorgat met ‘n stamperboor te sink. Dit word tans nog gebruik vir sagte kleierige grond aangesien die lugdrukbore geneig is om die klei saam te pers wat die watervloei in die gat sal beperk. Verder word dit ook nog gebruik om ou boorgate skoon te maak en om toerusting uit boorgate te haal.
Hieronder is 'n houtraam stamperboor uit die vroeë 1900’s. Soortgelyk aan die wat deur Oupa-grootjie Leon Labuschagne gebruik is.
Lugdrukbore is tans die mees algemene boormasjien wat gebruik word. Afhangende van die diepte van die boorgat en die formasie wat geboor word, kan ‘n lugdrukboor ‘n gat binne een dag sink. Saamgeperste lug word gebruik om ‘n lughamer, aan die punt van die boorstang onder in die gat, aan te dryf. Hierdie lughamer breek die rotsformasie op en die saamgeperste lug blaas dan die fyngebreekte rots en ander materiaal, insluitende water wat kan voorkom, uit die gat.
Die boorgatvoering is basies ‘n pyp met ‘n wye deursneë wat in die nuutgeboorde seksies van die gat geplaas word om: Die boorgatvoering is wyd genoeg om te verseker dat die boortoerusting tydens die boorproses gemaklik daarbinne kan beweeg.
Om die vermoë van ‘n boorgat te bepaal word dit aan ‘n leweringstoets onderwerp. Die boorgat word uitgepomp en die mate waarin die watervlak by verskillende vloeitempo’s sak, sowel as die tyd wat dit neem om na die oorspronklike vlak terug te keer, word dan gemeet. Hieruit kan die eienskappe van die boorgat dan bepaal word.
|
||



